Planning your next event? Click here to list your event now!
DEBUUT
Musiekteater
MET Rocco de Villiers, Coenie de Villiers en Mauritz Lotz (kitaar)
’n Klavier het 88 note, maar selfs twéé klaviere op een verhoog is nie genoeg vir die vinnige vingers van hierdie twee Suid-Afrikaanse klavier-legendes nie. Dié twee Viljees span hulle formidabele kragte vir die heel eerste keer saam. Hulle word op die verhoog deur Suid-Afrika se kitaarmaestro Mauritz Lotz bygestaan. Die repertoire strek van boeremusiek tot by Bach, van die blues tot by ballades. Daar is ou treffers wat spog met vars vertolkings, nuwe komposisies wat spesifiek vir hierdie produksie geskryf is, en splinternuwe woordkuns uit die penne van albei kunstenaars.
Afrikaans • Gesin •