Click here to view the latest Smart Shopper Deals

Die Burger Vrouedag

Die Burger Vrouedag

About

Kom vier ’n nuwe seisoen in die lewe van vroue – op ’n fisieke, geestelike, kognitiewe en emosionele vlak – saam met Hannon, Karien Basson, Nadine Blom, Hilmar Lükchoff en Loki Rothman.

Die gewilde Die Burger Vrouedag vind weer vanjaar by Venue D’Aria plaas. Twee sessies word aangebied waarvan die program presies dieselfde is. Daar sal nagenoeg 500 gaste per sessie toegelaat word. Daar sal oudergewoonte ‘n mark met interessante stalletjies in die venue opgestel word, terwyl gaste onder ‘n reuse-bedoeïentent kuier. Daar sal ook modevertonings plaasvind. Kaartjiepryse sluit goeie kos en drankies, asook ‘n geskenksak in.

Venue


Die Burger Vrouedag