Planning your next event? Click here to list your event now!
DEBUUT
Tragi-klug
’n KKNK-produksie, ondersteun deur NATi
MET Antoinette Kellermann en Chris van Niekerk REGIE, ONTWERP EN VERTALING Marthinus Basson TEKS Eugène Ionesco VERVAARDIGER KKNK
Twee ou mense, opgewonde, in afwagting op hul groot aand wanneer die ou man sy lewensfilosofie, waaraan hy 93 jaar reeds poets, op genooides gaan loslaat. ’n Toestroming van gaste uit alle lae van die samelewing, insluitend die president, maak hul opwagting by die vuurtoringhuis op ’n afgesonderde eiland. Om almal te akkommodeer, verg stoele en nogmaals stoele. Maar die gaste is onsigbaar. En die ou man kan nie self sy boodskap oordra nie.
Afrikaans • Geen o.10 OB • 120 min.