Planning your next event? Click here to list your event now!
Twee Troebadoers, twee vriende, beide towenaars met woorde. Twee stemme wat al weerklink het tot in al die hoeke van ons land oor die afgelope twee dekades.
Valiant & Gian het in grendeltyd bymekaar gekom in die verlate Boer restaurant teater …net om weer saam te kon musiekmaak, herinneringe en stories te kon deel. Net om weer te kon konsert hou in die “gewyde atmosfeer” van hierdie bekende musikale landmerk. En met hart en siel hou hulle konsert vir n volgepakte gehoor van ...lee stoele.
Ai…as die stoele maar net kon praat… maar wie weet ..dalk kan hulle! Kom vind uit.