Planning your next event? Click here to list your event now!
Die apokalips het aangebreek en Suid-Afrika is in sy moer. In die verloop van ’n aand bespiegel Karina, Karel, Kasper en Katryn (Hannah Borthwick, Wian Taljaard, Sean van Noordwyk, Kanya Viljoen) oor die toekoms en baklei hulle oor die verlede. Hulle wonder of hulle die laaste oorblywende Afrikaners is, of dit enigsins saak maak, en drink ’n heildronk op hul gunsteling- Afrikaanse woorde. Die Suid-Afrikaners handel oor Afrikaans praat en Afrikaans wees: Wat bly oor van taal, kultuur en identiteit as alles anders vernietig is? En wie se skuld is dit dat alles só uitmekaargeval het? Dit ís ’n komedie. Belowe. Deur Beyers de Vos met regie deur Wessel Pretorius.