Planning your next event? Click here to list your event now!
Wil jy snoesig onder ’n warm woordkombers kom lê? Kruip dan saam met hierdie groep in hul krismisbed van klank; daar’s plek vir almal! Wat hulle deel, is ’n liefde vir woorde en musiek, veral die kruispunt waar dié twee ontmoet. Ook ’n strewe om sin te maak van ons bestaan. Hulle woorde bestaan in ’n ruimte tussen die Hertzogprys en loslit-omgangstaal; woorde wat spreek tot die rou materiaal van die lewe.