Planning your next event? Click here to list your event now!
Koos du Plessis (1945–1984) het in die byna vyf jaar van sy bekendheid die landskap van Afrikaanse musiek en lirieke onherkenbaar verander. Die tydloosheid van sy werk is ongekend, en byna 40 jaar ná sy dood luister ’n nuwe generasie daarna. Maar wie was hierdie man? In die rolprent gee lede van sy gesin, medemusikante, vriende, joernaliste en tydgenote antwoorde, en onthou ons hom en sy musiek deur hulle oë.