Planning your next event? Click here to list your event now!
’n Gevreesde bendeleier word ná sewe jaar op parool vrygelaat. Het Map Jacobs verander, of is hy steeds ’n geweldenaar? ’n Gesins- en gemeenskapsdrama wat afspeel teen die agtergrond van gedwonge verskuiwings vanuit Kaapstad na die Vlakte. Die stuk gee ’n blik op die leefwyse van ontworteldes in ’n stelsel wat veral die weerloses faal, hul lief en leed, asook die desperate hunkering na ’n beter bestaan.