Planning your next event? Click here to list your event now!
Kontemporêre musiek
MET Danie Niehaus, Mathys Roets, Germandt Geldenhuys en Matthys Maree (klavier)
Drie van die bestes is ’n samekoms van drie kunstenaars, met drie uiteenlopende stemme en drie persoonlikhede in een produksie op die verhoog. Ondanks elkeen se uiteenlopende musiekstyl, van pop tot ballades en ligte klassieke musiek, is dit veral hul a cappella- en samesang wat hulle ’n gedugte kombinasie maak. As solokunstenaars is elkeen in ’n klas van sy eie en elkeen ’n ster in eie reg. Saam sorg hulle vir ’n ongelooflike musikale reis.
Afrikaans, Engels en Italiaans • Gesin • 80 min.