Planning your next event? Click here to list your event now!
Satire komedie
MET Mandri Sutherland
Mandri Sutherland, ook bekend as Vroudrie, se eenvroustuk is spesifiek vir die huiskonsert-inisiatief geskryf, waar sy al meer as 40 keer in die leefruimtes van mense oor Suid-Afrika heen gespeel het. Dit handel oor die vrouens wat haar tot dusver definieer, kritiseer, irriteer, uitdaag en inspireer. Die stuk is ’n kombinasie van storievertelling en uitspattige karaktervertolking. Sy belig en gooi liefde, humor en vet op die Afrikanervrou se besware en waarhede. Mandri sê ’n ding soos dit is en sy sê dit in Afrikaans. Sy sê dit raak en waar en sy sê wat die meeste van ons heel moontlik dink.
Afrikaans • Geen o.16 • T • 60 min.