Planning your next event? Click here to list your event now!

Dwelm

About

Twee gewese speurders word koelbloedig langs ’n plaasdam afgemaai. Kassie en Rooi neem die ondersoek na die moordsaak oor by ’n uitgedunde Paarlse speurspan wat al ’n week lank daarmee kleitrap. Met die ooglopendste aspekte van die ondersoek reeds afgehandel, bevraagteken Kassie egter die Paarliete se afleiding dat diefstal die motief vir die moorde was: Sit daar dalk iemand anders agter die man wat die sneller getrek het? Wanneer hy en Rooi ander moontlikhede ondersoek, begin dinge doller as kopaf raak en geraamtes begin uit die kaste tuimel. Om sake vir Kassie te vererger, beleef hy ’n yslike persoonlike krisis wat hy nie weet hóé om te hanteer of op te los nie …

Venue