Narrewales – lekker mannewales deur die narre van die Bloem Klown Troop. Die Bloem Klown Troop is op die been gebring deur Sjaka S. Septembir in Julie 2022, ná COVID met die doel om mense te laat lag en genot in mense se lewens te saai. Narrewalis se lekkerte lê in die unieke reeks komiese sketse, sorgvuldig saamgesnoer. Dit is vermaak uit die boonste rakke vir oud en jonk.
Genre: Komedie
Regisseur / Director: Sjaka S. Septembir