Hosting an event? Click here to find out more about listing your event.
Almal is MAL! spring uit die pen van skrywer, komediant en sosiale media sensasie, Mel die Storieverteller.
Die debuut vertoning verkoop uit by die Atterbury teater! Vinnig vat die vertoning vlam en nou toer Mel reg oor Suid-Afrika om komiese verligting te saai.
Die komiese teks vertel van Mel se ervaringe in Londen as ‘n 21-jarige konserwatiewe meisie en hoe sy vinnig besef het dat almal in die wêreld eintlik mal is (party steek dit net baie beter weg as ander).
Sy stel ook haar dronk alter-ego, Melissa, aan ons voor.
Die grappies is skerp en vinnig op mekaar. Daar is ook altyd plek vir ‘n bietjie gehoor interaksie en geselsies.
Deure open 17:00, vertoning begin 19:00
Geen onde