Planning your next event? Click here to list your event now!
Corneil Muller is diep gewortel in die wêreld van klassieke oorkruismusiek. Die afgelope
18 jaar groei hy tot professionele musikant, beide as sanger en tjellis, wat 'n suksesvolle loopbaan gebou het. Met liedjies soos: Hart se Punt (sy eerste enkelsnit), Regresa a Mi, ‘n Man Stap (deur David Kramer), Creep, O Sole Mio, Anthem en Feeling Good, verken hy opwindende weë deur sy gehoor 'n ervaring te gee wat hulle nie gou sal vergeet nie.
Hy word bygestaan op klavier deur Lucas Heinen.
PARKERING: United Church parkeerarea
Kaartjieprys sluit 'n ligte middagete en wyn in.