Planning your next event? Click here to list your event now!
Ondersteun deur Burger King
In samewerking met Dance for All, die Wes-Kaapse Departement van Sport en Kultuursake se MOD-projek, Northlink Kollege, Hindle Hoërskool, Artscape, BlouBus-Bediening, People’s Post en Tygerburger
Sangers, dansers, rymkletsers, komediante en musiekmakers kom vandag teen mekaar te staan vir die Suidoosterfees se skitterende Talentsoektog-kroon nadat uitdunrondes die afgelope jaar oral in die Kaap gehou is. Groot pryse word oorhandig, onder meer R10 000 vir die algehele wenner, en ’n jaar se gratis opleiding by Dance for All vir die belowendste danser. Kom deel in die pret en opwinding van ’n jaar se harde werk wat ’n hoogtepunt op die feesverhoog bereik.
Die Talentsoektog-kompetisie maak deure oop vir amateurs met spesiale gawes wat nie onder die maatemmer hoort nie. Finaliste wat vandag meeding is in aanloop tot die finaal tydens werkswinkels blink gepoets deur ervare hande in die vermaaklikheidbedryf.
Supported by Burger King
Singers, dancers, rappers, comedians and musicians compete today for the Suidoosterfees’ glittering Talent Search crown after trial rounds were held all over the Cape in the past year. Big prizes are awarded, including R10 000 for the overall winner, and a year’s free tuition at Dance for All for the most promising dancer. Come share in the fun and excitement as candidates’ year-long dedication and hard work reach their peak on the festival stage. The Talent Search competition opens doors for amateurs with special talents that should not remain hidden. Today’s finalists were trained and polished during workshops conducted by industry experts.
Language: Afrikaans; English
Duration:90 min; No interval
Kindly note Artscape provides wheelchair seating. You can book directly via this website but should you require assistance please call Artscape Dial-a-Seat on 021 421 76 95 who will assist with navigation and booking.