Important Update: James Bay South African Tour Postponed to 2026
In hierdie kabaret, ook bekend as Ek het al so baie my *** gesien, ek is bang vir *****, vier Elzabé Zietsman haar en haar mede-Suid-Afrikaners se veerkragtigheid. Val ons, staan ons op. Word die mat onder ons uitgeruk, maak ons bolmakiesie en land op ons voete. In 'n veranderende wêreld pas ons aan. As die wêreld om ons heeltemal uitmekaarval, drink Mamma vier Panado’s en ’n Chardonnay en Pappa steek die vuur aan. Môre probeer ons weer.
Genre: Musiek – Kontemporêr – Kabaret / Music – Contemporary – Cabaret