Click here to get your tickets for James Bay – Live in Cape Town on 27 Mar 2025.
Barnard Gilliland se niggie Jana Cilliers hunker na ’n gesprek met hom. Sy onthou hom skaars – hy is sestig jaar gelede op die vroeë ouderdom van 24 dood; ‘n hoogs belowende digter. Kort ná sy dood verskyn sy debuutbundel, Veelhoek. Cilliers se poging om self te begin skryf, neem haar na haar neef se praatvers Skipbreukelinge met die refrein “en waar ek my voet wil sit, is water”. Sy merkwaardige uitdrukking as jong skrywer ervaar sy as skreiend eerlik binne sy tydsgees.
Genre: Drama
Rolverdeling / Cast: Jana Cilliers, Ludwig Binge
Regisseur en ontwerp / Director and design: Marthinus Basson