Planning your next event? Click here to list your event now!
Marion speel lag-lag klaar met jou teneergedruktheid deur met daai tipiese Holm-eerlikheid én heerlikheid vir jou stories oor die alledaagse lewe te vertel - soos SY dit ervaar. Jy luister, jy identifiseer, jy lag, jy loop - jy lag nóg…” Dis die klein jakkalsies wat daagliks Holm se wingerd verniel, maar sy wíl nie gil nie, sy gaan soek nie smart of geniet verdriet nie; sy boks braaf en keer vir seer. Marion praat in prentjies oor die alledaagse lewe met daai tipiese Holm-eerlikheid én heerlikheid. Vir die slimmes is daar pitkos, vir die dames 'n meneer en vir die kwesbares 'n bondgenoot. U is welkom om nors te arriveer, daai bui sal nie lank hou nie.