Planning your next event? Click here to list your event now!

Welgemoed Kunstefees

Welgemoed Kunstefees

Welgemoed Kunstefees

from 24 Aug 2024 09:00

About

Die Welgemoed Kunstefees, die enigste van sy soort in Kaapstad se Noordelike Voorstede, word vanjaar vir ‘n derde keer deur die NG Kerk Welgemoed aangebied. Met ‘n goeie balans tussen toneel, musiek, kuns, kos, boeke en meer, bied die Welgemoed Kunstefees iets vir almal, oud en jonk. Dis ‘n geleentheid vir mense van die Noordelike Voorstede en omliggende gebiede om bymekaar te kom, saam te kuier en hul liefde vir die kunste te deel. Volg ons op sosiale media om op hoogte van sake te bly.

More Info

Venue

NG Kerk Welgemoed, Diaz Street, Welgemoed, Cape Town, South Africa   Location on Google Maps

Social


Welgemoed Kunstefees

Boek en Koek 24 Aug 2024 09:00

R50 - R130

Boek en Koek is een van Welgemoed Kunstefees se gewildste geleenthede. Kom luister na Susan Booyens in gesprek met die topverkoperskrywer, Pieter Fourie (‘n Hart so groot soos ‘n vuis), en die joernalis Julian Jansen, skrywer van Seuns sonder pa’s, waar hulle gesels oor die rol wat hulle pa’s in hulle lewe, maar ook in hulle boeke, gespeel het.

Daarna volg ’n boeiende gesprek met die tema “Sonder Sonde”, waar Erla-Marie Diedericks met die bekende spanningsromanskrywer Sidney Gilroy (Bloedsomer) en Pieter Fourie (Ons skulde) gesels.

Ná afloop van die geleentheid nooi ons jou uit om te kies en keur uit koeke al die pad uit Robertson, met heerlike tee en koffie om die soetigheid te lawe

Reünie met Frank Opperman 27 Aug 2024 19:30

R160

Dit is dieselfde skoolsaal, maar 43 jaar later by die reünie van die 1980-matriekgroep. Adam Boshoff tree as verteller op, maar deur die loop van die aand kry verskeie klasmaats ’n beurt agter die mikrofoon om hul sê te sê. Lank terug het almal saam ’n tragedie beleef wat hulle nou vir die eerste keer regtig konfronteer. Verwag dieselfde fyn spot, deernis en ’n tikkie nostalgie, soos net Dana Snyman en Frank Opperman kan.

Fietsry vir dommies, met Eldon van der Merwe 29 Aug 2024 19:30

R160

Al het Carl ’n graad in konstruksiebestuur, woon hy steeds in die “blink hokke” van Rose Valley. As ’n bruin man is hy altyd laaste op die lys as dit by werk kom. Hy is depressed en Black Tax eis sy tol met die opoffering wat hy vir sy familie en gemeenskap moet maak. Die uitdagings wat Carl in die gesig staar, word treffend uitgebeeld met behulp van rymklets en poësie.

Fietsry for dommies is ‘n herkenbare en genotvolle eenmanvertoning. – Chase Rhys

Voetspore deur Suid-Amerika, met Johan Badenhorst 31 Aug 2024 10:00

R130

Meesteravonturier, skrywer en aanbieder, Johan Badenhorst nooi ons agter die skerms in na die wêreld wat hy en sy span ontdek het met hul mees onlangse reis deur Suid-Amerika as deel van Seisoen 12 van die befaamde Voetspore-program. Van die Kaap tot Colombia, deel hy insigte oor die beplanning voor die reis, die uitdagings tydens die reis en al die juwele wat hy langs die pad ontdek het, en wat hy nou nog koester.

Liewe Lawwe Fuzz se Verjaarsdag Buzz 31 Aug 2024 14:30

R100

Jy word uitgenooi na Fuzz se verjaardag! Fuzz se hartjie is wel ’n bietjie seer, want sy maats het sy verjaardag vergeet, maar Tim, Klara en Bongi het groot planne. ’n Groot koek, ballonne en ’n verrassingsgeskenk, maar kan hierdie drie maats alles gereël kry en die vrede behou? Bongi wil ’n blou koek maak, want dis Fuzz se gunstelingkleur, Klara sê geel is mooi en helder soos die son, en Tim is vies, want niemand luister na hom nie.

Ná ’n gestry en baklei, meel wat spat en ballonne wat bars, word Fuzz verras met die beste partytjie ooit, ’n sokkerbal as geskenk en ure se pret.

Kom hou saam partytjie saam met Fuzz en sy maats, ons gaan lekker sing en dans!

Beste vriende sing Laurika 04 Sep 2024 19:00

R160

Wouter van de Venter met sy rasperstem en verstommende kitaarspel, en Clinton Waring met sy fluweelstem en klavierspel, bied met hierdie musiek-ode ’n intieme openbaring van die mens agter die ikoniese status en die vriendin agter Suid-Afrika se geliefde sangeres Laurika Rauch. Aangrypende nuwe verwerkings van treffers soos “Die gang” en “Op Blouberg se strand” saam met die kore van DF Malan en Laerskool Totius, beloof om ’n hoendervel-mooi ervaring te wees en fabelagtige weergawes van onder meer “Toemaar die donker man” en “My ou tante Koba” neem gehore op ’n herinneringsreis wat die hartsnare sal roer.

Rewind – A tribute to Music Legends of the 80's 06 Sep 2024 19:30

R160


Onthou jy nog vir “Bennie and the Jets” of hoe Dolly Parton gesing het oor haar “9 to 5”-lewe agter die lessenaar? Mamma Mia! Natuurlik kan ‘n mens dit nie vergeet nie. Kom luister saam na die gewilde musiek van 40 jaar gelede, met liedjies van Elton John, Dolly Parton, Abba en talle ander uitgevoer deur `n uitstekende groep musikante.


Klassieke Konsert 08 Sep 2024 11:00

R100

Die bekende sopraan Brittany Smith, ‘n lid van die Kaapse Opera en Sarie se Voorbladgesig van 2022, en Riaan Hunter met sy kenmerkende ryk bariton-stem kom vermaak ons in Welgemoed se indrukwekkende ouditorium met ‘n aantal pragtige klassieke stukke, met ‘n orreluitvoering deur Gerhard de Bruin.

 You might also like..

Purchasers of this event also bought tickets for the following…