Planning your next event? Click here to list your event now!

ATKV-Tienertoneel Wes-Kaap-streeksfeesfinaal 2 en ATKV-Sêr Wes-Kaap

ATKV-Tienertoneel Wes-Kaap-streeksfeesfinaal 2 en ATKV-Sêr Wes-Kaap

ATKV-Tienertoneel Wes-Kaap-streeksfeesfinaal 2 en ATKV-Sêr Wes-Kaap

24 August 2024

About

TOP PRODUKSIES VAN DIE TWEEDE WES-KAAP-STREEKSFEES en ATKV-SÊR OP DIE PLANKE!

Belê in die toekoms van teater deur die jong talent in die Wes-Kaap te ondersteun tydens die tweede streeksfeesfinaal van twee by die Baxter Pam Golding-teater in Rondebosch op 24 Augustus 2024. Kom luister ook na die Wes-Kaap se ATKV-Sêrgroepe wat die toon aangee in 2024.

Sien die streeksfeesfinaliste van Wes-Kaap-streeksfees 2 (soos aangekondig op die Vrydag-aand van 23 Augustus op die ATKV se sosiale media platforms) in aksie met hul laaste poging om in aanmerking te kom vir die gesogte ATKV-Tienertoneel nasionale finaal wat plaasvind vanaf 23 tot 28 September in Kaapstad.

Meer oor ATKV-Tienertoneel https://atkv.org.za/neem-deel/kultuurprojekte/tienertoneel/

Die ATKV-Tienertoneelkompetisie is die oudste projek van die ATKV en kweek al vir sestig jaar ’n liefde vir toneelskepping in Afrikaans, toneelspel en teater-kyk by hoërskoolleerders.

Met ATKV-Tienertoneel word leerders soveel geleenthede as moontlik gegee om by al die aspekte van die toneelstuk betrokke te raak, met ander woorde by die spel, regie, skryf van tekste, kostuums, dekor, grimering, klank, beligting, verhoogbestuur, choreografie en selfs bemarking!

Hierdie projek vind landwyd plaas deur die aanbied van streeksfeeste in Suid-Afrika en spog met ’n nasionale feesfinaal enig in sy soort waar die bestes van die bestes gekroon word.

Meer oor ATKV-Sêr https://atkv.org.za/neem-deel/kultuurprojekte/ser/

Die ATKV het sy eerste nasionale sêrkompetisie vir studente in 1997 aangebied en dit het tyd geword om die stokkie oor te gee aan ons kreatiewe tieners om met hierdie gemaklike uitvoerende-kunstemedium te eksperimenteer. ATKV-Sêr vir hoërskoolleerders is ’n a capella-kompetisie wat in sy tienerformaat gaan neig na musiekteater deur tema, sang, dans en storievertelling.

More Info

Venue

Social


ATKV-Tienertoneel Wes-Kaap-streeksfeesfinaal 2 en ATKV-Sêr Wes-Kaap

 You might also like..

Purchasers of this event also bought tickets for the following…