Planning your next event? Click here to list your event now!

ATKV-Tienertoneel Wes-Kaap-streeksfeesfinaal 1

ATKV-Tienertoneel Wes-Kaap-streeksfeesfinaal 1

ATKV-Tienertoneel Wes-Kaap-streeksfeesfinaal 1

17 August 2024

About

TOP PRODUKSIES VAN DIE EERSTE WES-KAAP-STREEKSFEES OP DIE PLANKE!

Belê in die toekoms van teater deur die jong talent in die Wes-Kaap te ondersteun tydens die eerste streeksfeesfinaal van twee by die Baxter Pam Golding-teater in Rondebosch op 17 Augustus 2024.

Sien die streeksfeesfinaliste van Wes-Kaap-streeksfees 1 (soos aangekondig op die Vrydag-aand van 16 Augustus op die ATKV se sosiale media platforms) in aksie met hul laaste poging om in aanmerking te kom vir die gesogte ATKV-Tienertoneel nasionale finaal wat plaasvind vanaf 23 tot 28 September in Kaapstad.

Meer oor ATKV-Tienertoneel https://atkv.org.za/neem-deel/kultuurprojekte/tienertoneel/

Die ATKV-Tienertoneelkompetisie is die oudste projek van die ATKV en kweek al vir sestig jaar ’n liefde vir toneelskepping in Afrikaans, toneelspel en teater-kyk by hoërskoolleerders.

Met ATKV-Tienertoneel word leerders soveel geleenthede as moontlik gegee om by al die aspekte van die toneelstuk betrokke te raak, met ander woorde by die spel, regie, skryf van tekste, kostuums, dekor, grimering, klank, beligting, verhoogbestuur, choreografie en selfs bemarking!

Hierdie projek vind landwyd plaas deur die aanbied van streeksfeeste in Suid-Afrika en spog met ’n nasionale feesfinaal enig in sy soort waar die bestes van die bestes gekroon word.

More Info

Venue

Social


ATKV-Tienertoneel Wes-Kaap-streeksfeesfinaal 1

 You might also like..

Purchasers of this event also bought tickets for the following…