MET Mpume Mthombeni TEKS Neil Coppen en Mpume Mthombeni
Die bekroonde stuk is geïnspireer deur die ware verhaal van ’n vrou wat ’n politieke sluipmoordenaar vir die IVP was in die aanloop tot Suid-Afrika se eerste demokratiese verkiesing. Zenzile Maseko, die protagonis, is ’n 60-jarige Zoeloe-ouma wat in ’n klein vrouehostel in die middestad van Durban woon. Weens ’n administratiewe fout van die departement van binnelandse sake is sy dood verklaar. Bekroon met die Woordtrofee vir beste prestasie: tegnies en ontwerp, beste prestasie: solo en beste oorspronklike Suid-Afrikaans teks by die Toyota Stellenbosch Woordfees (2024).