MET Shannon Hendry, Sonja Louw en Enzo Cocciante TEKS Kristen Fichardt, Shannon Hendry en Sonja Louw REGIE Kristen Fichardt
Vir die bejaarde Mohn, ’n persoonlike sjef, is die kombuis die plek waar hulle volkome tuis is. ’n Wêreld waar klassieke musiek gedurig op die radio speel en waar alles stiptelik tot op die sekonde plaasvind. Mohn weet wanneer Madame gaan bel om haar kos te bestel en wag elke aand op aandag. Maar vanaand, vir die eerste keer, is daar ’n paar onvoorsiene omstandighede. Mohn het te kampe met allerlei hindernisse, maar die kos moet klaar.