Katrien, ’n voormalige kabaretster, en haar man, Donovan, is al ’n ewigheid vasgevang in die alledaagsheid van ’n dorpie sonder drome. Hul leënessindroom en ou verwyte maak hul dae lank en hul nagte stil. Wanneer die flambojante en geheimsinnige Merve onverwags uit Kaapstad opdaag en met sy klavier in die ou huis langsaan intrek, word Katrien en Donovan se vervelige roetine op sy kop gekeer. Deur humor, nostalgie en met splinternuwe musiek van David Kramer, word die karakters gekonfronteer met hul verlore drome, wankelende huwelik en die moontlikheid van nuwe hoop.
Met Elsabe Zietsman, Andre Schwartz en Tony Bentel (Klavier)