Die hiernamaals is toe baie minder deftig as wat ons gedink het – verbeel jouself ’n staatsdepartement uit die 1970’s. Dis waar Nora haarself nou bevind. Die enigste probleem is, sy’s nog nie dood nie en niemand wil haar glo nie. Sy besluit tog om die kans aan te gryp om haar oorlede man in die doderyk op te soek en hom – met behulp van ’n sjarmante gids – terug huis toe te bring.
Genre: Satire Rolverdeling / Cast: Sandra Prinsloo, David Viviers Regisseur / Director: Toni Morkel