MET Tobie Cronjé, Ignatius van Heerden en André Lötter
Die popmooi winkelassistent Leksie Pieterse se stinkryk vroetelpappie, Bakkies Barnard, sterf in haar bed. Bakkies het nog skaars sy laaste asem uitgeblaas, of sy jaloerse vrou, Cruella, is daar. Die feite dui op ’n liefdesdriehoek en dis altyd ’n resep vir moord, want Cruella is net oor haar erfporsie begaan. Die ondersoekbeampte, speursers. Wihan Beyleveld, stel vas dat Bakkies vergiftig is. Hy volg die spoor na die lykshuis waar hy met die vreemde opsigter, Klaas van der Broeken, te doen kry en waar daar nuwe vrae na vore kom.