Planning your next event? Click here to list your event now!

Die halwe huis

Die halwe huis

About

Vandag is die dag wat Bumper Jansen alles gaan beëindig, maar voor hy sy polse oopvlek wil hy darem sy kant van die storie vertel. In dié eenmanstuk deur Ricardo Arendse onder regie van Lee-Ann van Rooi, neem Bumper (Marlo Minnaar) ons deur sy kinderdae op Oudtshoorn, sy tienerdae op die Kaapse Vlakte en sy grootmensjare in Johannesburg. Hy laat ons in sy Ouma Bettie se huis sit en stel ons voor aan sy Oupa Kerneels, die bruin man wat soos ’n wit man lyk en swart mense haat. Hy vertel ons ook van sy pa, Daniel, onder wie se vuishoue sy ma, Cathy, deurloop. Alles in ’n poging om uit te vind: Wat dryf ’n man wat op die punt is om ’n groot deurbraak in sy loopbaan te maak, tot selfdood? No u/16

More Info

Social


Die halwe huis