Planning your next event? Click here to list your event now!
André en Amanda gedenk twee van die wêreld se grootste kunstenaars, Jacques Brel en Edith Piaf. Hulle sing/vertel van die liefde, die dood, oorlog en oorwinning. Liedjies soos “Marieke”, “Ne me quitte pas”, “Seasons in the Sun” en ’n legio ander word vertolk deur twee van ons land se gewildste kunstenaars, onder die meesterlike begeleiding van Coenraad Rall. Saartjie Botha se bindingsteks is raakvat en eerlik; die produksie is sonder nonsenspraatjies en geskiedenislesse.