Planning your next event? Click here to list your event now!

Olyf tot olyfolie

Olyf tot olyfolie

About

Aangebied deur Precilla Steenkamp en Megan Stuurman van De Rustica

Jy sal nooit weet hoe ’n slegte olyfolie proe voordat jy ’n goeie een geproe het nie.”
De Rustica se Estate Collection Coratina-olyfolie is in 2023 as die wêreld se beste olyfolie aangewys by die Evooleum-kompetisie in Spanje. Hierdie toer en proe bied ’n warm, vriendelike en leersame ervaring waar deelnemers leer hoe olyfolie verbou, geoes en produseer word. Of jy nou ’n fynproewer van olyfolie is of nie – dit is ’n fantastiese toer vir elkeen wat meer van die bekende De Rustica Olive Estate wil sien.
’n Kort video bied insig in die geskiedenis van die olyfbedryf in Suid-Afrika, waarna ’n professionele en ervare toergids die groep vergesel na die olyfboord en meer inligting verskaf oor die landgoed, die olyfbome en verskillende kultivars. Gaste besoek ook die olyfmeule, wat ’n insiggewende toer van die Alfa Laval-pers insluit. ’n Unieke proe-ervaring van olyfolie is iets wat jy nie gou sal vergeet nie. Verskillende style van olyfolie van verskillende oesjare en variëteite word geproe. Daar is nie ’n beter manier om meer oor die geheime van olyfolie te leer as by De Rustica Olive Estate nie.

Afrikaans en Engels / 60min / Gesin

More Info

Venue

Social


Choose your preferred date.

January 2038

Mon
Tue
Wed
Thu
Fri
Sat
Sun
 
 
 
 
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31