Planning your next event? Click here to list your event now!
Musiekteater
MET Amanda Strydom, Coenraad Rall (klavier) en Frank Freeman (kitaar) TEKS Amanda Strydom MUSIEKREGIE Coenraad Rall
Johannes Kerkorrel 22 jaar later. Nooit vergete. Amanda Strydom skryf ’n brief vir en bring hulde aan haar vriend Ralph Rabie. Ervaar sy bekende liedjies in ’n nuwe lig – die ander sy van ’n ikoon wat ons te vroeg verloor het. Pianis Coenraad Rall en kitaarmaestro Frank Freeman skilder saam met Strydom ’n musieklandskap vir hierdie aangrypende produksie. Hoe ons voel is benoem vir die Woordtrofee vir beste solo- of duo-musiekuitvoering by die Toyota US Woordfees in 2023.
Afrikaans • Geen o.13 OB • 70 min.