Planning your next event? Click here to list your event now!
Musiekteater
MET André Schwartz, Mauritz Lotz (kitaar) en Dawid Boverhoff (klavier) REGIE Matthew Counihan MUSIEKREGIE Bryan Schimmel
Gestroop en rou. Waar begin en eindig drome? Wat doen jy as die kleure van jou lewensjas verander? Sedert Phantom of the Opera is daar ’n persepsie dat André Schwartz en Andrew Lloyd Webber kuiermaats is. Die storielyn is ’n vertelling wat hierdie wisselwerking deur musiek en gesprek ontgin. Lewenslesse word deur die musiekervarings gedeel. Liedjies soos “Any Dream Will Do”, “Love Changes Everything”, “You Must Love Me”, “Send in the Clowns”, “Music of the Night”, “Memory” en “Pie Jesu” is ingesluit.
Afrikaans • Gesin • 85 min.