Planning your next event? Click here to list your event now!
Twee oumense, opgewonde, in afwagting op hul groot aand wanneer die ouman sy lewensfilosofie, waaraan hy 93 jaar lank poets, op genooides gaan loslaat. ’n Toestroming van gaste uit alle sfere van die samelewing, insluitend die president, maak hul opwagting by die vuurtoringhuis op ’n afgesonderde eiland. Om almal te akkommodeer, verg stoele en nogmaals stoele. Maar die gaste is onsigbaar. En die ouman kan nie self sy boodskap oordra nie. So, hy het iemand gekry om namens hom te praat.
Genre: Tragikomedie / Tragicomedy
Regisseur / Director: Marthinus Basson