Planning your next event? Click here to list your event now!

’n Begin (PG 16L)

’n Begin (PG 16L)

’n Begin (PG 16L)

from 30 Jan 2025 19:00

About

Dit is die vroeë oggendure in die nadraai van haar (Cintaine Schutte) nuwe plek se daknatmaak. Hy (Carel Nel) is die laaste oorblywende gas. Die plek is ’n gemors en hulle ook… ’n Begin, Nico Scheepers se vertaling van David Eldridge se skerpsinninge toneelstuk Beginning, is ’n teer ondersoek van moderne verhoudings, met twee beskadigde mense wat aan die einde van ’n partytjie uitreik na mekaar. Die skerpsinnige stuk – sowel komies as aangrypend – vra vrae oor wedersydse eensaamheid, konneksie, menslikheid en intimiteit.

In ’n era van sosiale media en internetafsprake, bly dit uitdagend om ware konneksies met ander te maak. Die toneelstuk, wat in werklike tyd afspeel, wys hoe twee vreemdelinge desperaat soek na iets in gemeen. In teenstelling met die mites van die tegnologiese era, en die verleidelike aanloklikheid van die media en apps, is eensaamheid meer deurdringend as ooit.

Albei karakters laat hulle ware self stadig ontglip: Daniël is geskei, vervreem van sy jong dogter en woon by sy ma en met sy lae selfbeeld saam; Laura is ’n loopbaansvrou met die doel om uit te blink en sukses te behaal, ’n knaende eensaamheid en diepgewortelde ontevredenheid. Hulle albei beskuldig mekaar daarvan dat hulle nie werklik sê wat hulle dink nie.

Laura ( Cintaine Schutte)is 38, enkellopend en kinderloos met geen onmiddellike familie; Daniël (Carel Nel) is 42 en het sy dogter jare laas gesien.

Die toneelstuk begin met hulle wat byna soen, maar dan nie, en ons volg die verloop van hul gesprek terwyl albei weer probeer om terug te keer na daardie oomblik van hartstog. Laura is vanuit die staanspoor duidelik dat sy wil hê Daniël moet oornag, maar hy is huiwerig om sy ware gevoelens te wys.

’n Begin beeld die huiwerige ontstaan van iets wat dalk spesiaal kan wees uit – maar eweneens nie. Dis ‘n onverskrokke ondersoek van die vrese en bekommernisse wat een vir een ophoop en mense afrem soos wat die lewe eensaam voortdreun.


In an age of social media and internet dating, the challenge of making a true connection with other individuals remains as problematic as ever, if not more difficult. The play, set in real time over 90 minutes, shows how these two strangers are desperately searching for something in common. Contrary to the myths of the technological age we find ourselves in, and the seductive allure of the media and apps, loneliness is more pervasive than ever.

Both characters let their true selves slowly slip away: Daniël, divorced, estranged from his young daughter, and lives with his mother and his low self-esteem; Laura, a career-prioritiser, whose drive to excel and quest for success hides a nagging loneliness and deep-seated dissatisfaction. Both characters accuse each other of not really saying what they think. Laura (Cintaine Schutte) is 38, single and childless with no immediate family; Daniël (Carel Nel) is 42 and has not seen his daughter for a number of years.

The play opens with them almost kissing, but then not, and we follow the course of their conversation as they both try to return to that heated moment. Laura is clear from the start that she wants Daniël to stay, but he is reluctant to show his true feelings.

During the play, they both start from a standpoint of self-preservation,
slowly making themselves defenceless to each other.

’n Begin, Nico Scheepers translation of David Eldridge’s sharp and astute play Beginning, shows us the hesitant emergence of something that might be special – but also not. It’s an unapologetic examination of the fears and anxieties that pile up one by one and weigh people down as life hums along lonely.

More Info

Venue

Barney Simon, Market Theatre, Johannesburg  Location on Google Maps

Social


Choose your preferred date.

September 2025

Mon
Tue
Wed
Thu
Fri
Sat
Sun
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30