Planning your next event? Click here to list your event now!
Toer en proe
AANGEBIED DEUR Megan Stuurman van De Rustica
“Jy sal nooit weet hoe ’n slegte olyfolie proe voordat jy ’n goeie een geproe het nie.”
De Rustica se Estate Collection Coratina-olyfolie is in 2023 as die wêreld se beste olyfolie aangewys by die Evooleum-kompetisie in Spanje. Hierdie toer en proe bied ’n warm, vriendelike en leersame ervaring waar deelnemers leer hoe olyfolie verbou, geoes en vervaardig word. Of jy nou ’n fynproewer van olyfolie is of nie – dit is ’n fantastiese toer vir elkeen wat meer van die bekende De Rustica Olive Estate wil sien.
Afrikaans en Engels • Gesin • 60 min.
Afrikaans en Engels / 60min / Gesin