Planning your next event? Click here to list your event now!
Werksessie
Marita Lamprecht
Wou jy nog altyd leer om suikerkoekies kreatief te versier en jouself ’n bietjie uit te daag? Hier is jou kans. Leer die basiese tegnieke van “flooding”, “wet on wet” en “wet on dry”. Sluit aan by ander versier-entoesiaste en geniet ’n dag van suikerpret. Die tema van die sessies is Paasfees en elkeen ontvang ’n aantal koekies wat die tema uitbeeld. Toerusting wat benodig word, word verskaf. Dit sluit ’n resepteboekie, spuitsak, verskillende kleure aangemaakte versiersel en versierings in. Bykomende pakkies met koekies, asook houers met vooraf-bereide versiersel, word te koop aangebied en ligte verversing word bedien.
Afrikaans en Engels • Gesin • 150 m
Choose your preferred date.