Hosting an event? Click here to find out more about listing your event.
DEBUUT
Klassieke musiek met animasieflieks
MET Mareli Stolp (klavier) en Diek Grobler (animasie)
Die gevlerktes bring twee gesoute kunstenaars bymekaar vir ’n buitengewone produksie wat ’n lewende uitvoering en animasierolprentkuns kombineer. Diek Grobler is bekend as een van Suid-Afrika se voorste animasiekunstenaars. Mareli Stolp het bekendheid verwerf as ’n pianis wat haarself toespits op kontemporêre en avant-garde-klavieruitvoering. Vir Die gevlerktes skep Diek vier nuwe kortflieks in reaksie op werke vir solo-klavier geïnspireer deur voëls – die “gevlerktes” van die titel. Die titel word ontleen aan die gelyknamige gedig deur Susan Smith.
Afrikaans • Gesin • 40 min.
Choose your preferred date.