Planning your next event? Click here to list your event now!
DEBUUT
Drama
MET Cintaine Schutte, Judi Hattingh, Bianca Flanders, Stian Bam en Eldon van der Merwe TEKS EN REGIE Hennie van Greunen
In 1887 ontmoet Annie Sullivan en Helen Keller mekaar – ’n ontmoeting wat hul lewens onherroeplik verander. Die 25-jarige Annie voel soos ’n gebroke legkaart, verkeerd aanmekaargesit, terwyl die 12-jarige Helen vasgevang is in ’n donker limbo – sonder die vermoë om te sien, te hoor of te praat. Wat volg, is ’n intense en roerende oorlog tussen twee gebroke mense. Dit is ’n stryd wat ontvou in veldslae rondom die eetkamertafel, kopskermutselings in gebaretaal; ’n oorlog om beide Annie en Helen se oorlewing.
Afrikaans • Geen o.10 OB • 100 min.
Choose your preferred date.