Planning your next event? Click here to list your event now!
Drama
MET Frank Opperman en Wilhelm van der Walt TEKS, REGIE EN STELONTWERP Philip Rademeyer
Louw keer vanuit Londen terug na sy gesin se kleinhoewe ná die skielike dood van sy jonger broer, Schalk. Hul pa, Gert, woon nou alleen op die kleinhoewe. Louw was nege jaar laas by die huis en is verbaas om te sien hoe vervalle dit is. Ou wonde tussen pa en seun word oopgekrap soos hulle óm dinge praat, vingerwys, mekaar toets en manipuleer, gemeenskaplike terrein probeer vind, en hul gesin se geskiedenis probeer vermy. ’n Enorme stinkhoutboom is ’n dekades-lange getuie van alles wat op dié lappie grond gebeur het.
Afrikaans • Geen o.16 OB, T • 90 min.
Choose your preferred date.