Planning your next event? Click here to list your event now!
DEBUUT
Komediedrama
MET Veronique Jephtas, Tinarie van Wyk Loots en Michele Burgers TEKS Marianne Thamm REGIE Lee-Ann van Rooi
Skemer daal neer op Arbeidsgenot op Oudtshoorn. Angelique Jacobs, ’n veiligheidswag by die Langenhoven-museum, maak gereed om die huis na die besienswaardigheid en museum te sluit .?.?. En dan begin die verlede by haar spook. Letterlik. Want die vroue in Langenhoven se lewe is nie so geneë met die weergawe van die stories wat oor hulle vertel word nie. Dit wat Angelique gedink het sy weet en wat sy as die waarheid verkondig, word uitgedaag deur die spoke wat ’n gans ander verhaal het om te vertel.
Afrikaans • Gesin OB • 75 min.
Choose your preferred date.