Hosting an event? Click here to find out more about listing your event.
DEBUUT
Kontemporêre musiek
MET Soweto String Quartet en ULTRACOUSTIC
Twee van Suid-Afrika se voorste en hoog aangeskrewe instrumentale groepe span kragte en kreatiwiteit saam in hierdie lekkerluister-vertoning. Geniet ’n energieke konsert vol verwerkings en oorspronklike musiek vir snaarinstrument. Verskeie genres word gehoor, waaronder Ierse, sigeuner-, kwêla-, folk-, Spaans-Latynse, kontemporêre flamenco-, klassieke en populêre musiek met polsende ritme. Tot Afrikaanse wysies, klub- en die 90’s se techno-musiek word instrumentaal vertolk. Jou voete gaan juk en jou tone omkrul van pure lekkerte.
Afrikaans en Engels • Gesin • 60 min.