Planning your next event? Click here to list your event now!
Kontemporêre musiek
MET Mathys Roets, Danie Niehaus en Germandt Geldenhuys
’n Samekoms van drie kunstenaars, met drie uiteenlopende stemme en drie persoonlikhede in een produksie. Ondanks elkeen se uiteenlopende musiekstyl, van pop tot ballades en ligte klassieke musiek, is dit veral hul a capella- en samesang wat van hulle ’n gedugte kombinasie maak. As solokunstenaars is elkeen in ’n klas van sy eie en elkeen ’n ster in eie reg. Saam sorg hulle vir ’n ongelooflike kragtige musikale reis. Drie van die bestes het sy ontstaan meer as 25 jaar gelede by die KKNK gehad met die oorspronklike groep.
Afrikaans, Engels en Italiaans • Gesin • 80 min.