Hosting an event? Click here to find out more about listing your event.
MET Isabella Niehaus en Louis Jansen van Vuuren GESPREKSLEIER Marliza van den Berg
Kom geniet ’n middagete saam met die 2023-wenners van die internasionale Gourmand-wêreldkookboekprys, Isabella Niehaus en Louis Jansen van Vuuren. Ná Daar’s ’n vegan op my verandah het die twee tuiskokke weer hul kragte saamgespan om ’n splinternuwe kosboek met plantgebaseerde geregte, Skepselkos, saam te stel. Tien van hul vriende, ook kundiges op die kosgebied, staan die twee glanssjefs by met stories en toeganklike resepte met alledaagse bestanddele.
Afrikaans • Gesin • 120 min.