Important Update: James Bay South African Tour Postponed to 2026
As suksesvolle kunstenaar in die Suid-Afrikaanse vermaakbedryf, het Jak de Priester beslis geen bekendstelling nodig nie. Hierdie bekroonde Pretorianer, met sy sielvolle stem, betekenisvolle lirieke, ritmiese musiek en vermaaklike verhoogpersoonlikheid, het oor die jare diep in sy ondersteuners se harte kom nesskop.
Vandag is dié Sally Williams Nougat-sanger ’n gevestigde naam, tien studio-albums, ’n kinderalbum- en DVD, ’n boek, ’n digbundel en verskeie verhoogproduksies op sy kerfstok. Hy het ook in 2012 televisieaanbieder by sy indrukwekkende CV gevoeg.
Kom geniet n aand van musiek, goeie tye met heerlike kos en drankies.
Deure maak 17:30 oop en die vertoning begin om 19:00