Click here to sell with us!

Ingrid – ’n Vlam in die Sneeu

Ingrid – ’n Vlam in die Sneeu

Ingrid – ’n Vlam in die Sneeu

01 Jun 2025 15:00

About

‘n Nuwe produksie geïnspireer deur die liefdesbriewe van Jonker en Brink.
Met Lizelle Pike
Regie: Nadia Beukes
Klavier: Chanie Jonker

Ingrid Jonker se woorde brand soos ’n vlam in die koue sneeu van haar tyd—onblusbaar, ongetem, en vol lewe. ’n Vlam in die Sneeu neem jou op ’n reis deur die geheime en ongesensuurde liefdesbriewe van Ingrid en André P. Brink, en weef hul passie, verlange, en hartseer saam met Ingrid se onsterflike poësie.

Hierdie unieke musiek- en toneelproduksie is ’n viering van Ingrid se hart en gees—’n vrou wie se woorde die wêreld getroos het (en steeds doen), selfs al het haar eie hart gebreek. In haar reis het sy ook haar eie donkerte in die gesig gestaar—die stryd teen depressie (nes haar ma), wat haar lewe gekompliseer het maar haar kuns verryk het.

Oorspronklike nuwe musiek omhels haar bekende gedigte uit die digbundel Rook en Oker, sodat elke lied ’n briesie word wat deur jou siel beweeg. Kom beleef haar soeke na liefde, haar stryd na ontvlugting, en die roekelose hoop wat haar vlam helder laat brand het in die koudste van dae.

Creative Team / Cast:
• Met: Lizelle Pike as Ingrid Jonker
• Regie: Nadia Beukes, Tiaan Kirsten-Lubbe & Lian Sachse
• Teks en Nuwe Toonsettings: Jak J Brits
• Musikale Regie en Klavier: Chanie Jonker
• Gebasseer op: Vlam in die Sneeu: Die liefdesbriewe tussen Jonker en Brink

Ingrid – ’n Vlam in die Sneeu is ’n herinnering dat woorde en liefde selfs in die kaalste landskappe kan oorleef. Hierdie produksie, deurweef met musiek en poësie, sal jou hart aanraak en jou siel verwarm.

Taal: Afrikaans
Tydsduur: 90-minute
Ouderdomsbeperking: Geen onder 16s
Genre: Kabaret/Toneel
Vervaardig deur: Scenario Productions in samewerking met Die Centurion Teater, met spesiale vergunning van Penguin Random House Publishing

More Info

Venue

Drostdy Theatre, Cnr Alexander St &, Bird St, Stellenbosch   Location on Google Maps

Social


Ingrid – ’n Vlam in die Sneeu

01 Jun 2025 15:00

R260

Taal: Afrikaans
Tydsduur: 90-minute
Ouderdomsbeperking: Geen onder 16s
Genre: Kabaret/Toneel
Vervaardig deur: Scenario Productions in samewerking met Die Centurion Teater, met spesiale vergunning van Penguin Random House Publishing

 You might also like..

Purchasers of this event also bought tickets for the following…