Click here to sell with us!

Internet Sensasie

Internet Sensasie

About

In die regte lewe is Mel die Storieverteller 'n komediant en katliefhebber, maar in 'n ander dimensie - die een binne ons fone - is sy 'n Afrikaanse internetsensasie.

In haar derde stand-up comedy show, Internet Sensasie, verklap Mel UITEINDELIK wat sy rérig dink van hierdie elektroniese oerwoud vol honger leeus, ywerige flaminke en ontaktvolle (sw)ape.

Mel vertel van die tannie langsaan se ongesonde obsessie met TikTok en likes, die een influencer wat haar thrifted broek bo hou met 'n skoenveter en Oom Gert se groot fout op die gemeenskap se Facebook blad. Soos gewoonlik het Mel se stories 'n klomp draaie - jy dink jy is op pad na die eindedan swaai sy skerp links en gooi jou met 'n onverwagse staaltjie oor haar man se nuwe slaaptydbykomstigheid.

Gehoorlede kan interessante stories (snaaks), danspassies (nie so snaaks) en 'n lied of twee (ag, syprobeer) verwag. Daar is plek vir baie lag en spasie om te dink aan jou eie foon maniere. "Mel laat jou tuis voel. Jy WIL luister wat sy sê. En dan lag jy boonop baie." - Margit Meyer-Rödenbeck

"Vars, oorspronklik en vrek snaaks." -Pretoria FM

Vertoning duur: 80 minute (Geen pouse)
Styl: Komiese Storievertelstyl Ouderdomsbeperking:
Geen onder 14’s
Teks: Mel die Storieverteller
Musiek: Peach van Pletzen
Dekor: Imile Wepener
Daar is gehoorinteraksie, net die 'braaf' sit in die voorste twee rye.

More Info

Venue

Drostdy Theatre, Cnr Alexander St &, Bird St, Stellenbosch   Location on Google Maps

Social


Internet Sensasie

27 Sep 2025 20:15

R230

Vertoning duur: 80 minute (Geen pouse)
Styl: Komiese Storievertelstyl Ouderdomsbeperking:
Geen onder 14’s
Teks: Mel die Storieverteller
Musiek: Peach van Pletzen
Dekor: Imile Wepener Daar is gehoorinteraksie, net die `braaf` sit in die voorste twee rye.

 You might also like..

Purchasers of this event also bought tickets for the following…