Fees voluit in die Feesmark!
Op Sondag 29 Maart 2026 bied Karoo Pops ’n voluit-klankervaring onder leiding van maestro Richard Cock en ’n simfonieorkes. Geniet ’n aand met ’n program propvol onvergeetlike oomblikke, met onder andere Karen Zoid, Emo Adams, Loukmaan Adams en meer op die verhoog onder die Klein Karoo-sterreprag. Nóg optredes deur die dag sluit in Jo Black, Karlien van Jaarsveld, Rubber Duc, The Rocketzz New Generation, Venter en Kruger & Tutu.
Kry ongelooflike waarde vir jou geld op die KKNK se feesterrein!