Moontlik gemaak deur Kuier in samewerking met Radio Kaapse Kansel Met ds. Farren Cloete, Anslin Gysman, Jonathan Rubain, Dumisani, Die Lekker Crew, Almarie du Preez, Phillipine Morkel, Elwira Standili, DOEP en die UK-Koor Kuier se skouspelagtige gospelkonsert is ’n spesiale geleentheid vir Suid-Afrikaners om byeen te kom en ’n geestelike samesyn in dankbaarheid te deel. Deesdae het mens min tyd om te dink aan alles wat ons lewens verryk, en om mekaar moed in te praat om daaglikse struikelblokke te oorkom, dat ons dikwels vergeet die las is ligter as ons as gemeenskap saam ons blik na Bo rig. Sluit aan vir inspirasie deur ons kunstenaars, byeengebring deur almal se gunstelingtydskrif.