Dit is die selfde skoolsaal, maar 43 jaar later by die reünie van die 1980- matriekgroep. Adam Boshoff tree as verteller op, maar deur die loop van die aand kry verskeie klasmaats ‘n beurt voor die mikrofoon om hulle sê te sê. Lank terug het almal saam ‘n tragedie beleef wat hulle nou vir die eerste keer regtig konfronteer.