Jannie net met sy kitaar op die verhoog met 'n keur uit die talle liedjies wat hy oor die afgelope halfeeu geskryf het.
Om ’n opwindende en volgepropte 2025 in te lei, beplan Jannie du Toit sy KUNSTEFEES IN DIE KLEINE vroeg in dié jaar by die Drostdyteater in Stellenbosch – ‘n week nadat dit ook in die Fairtree Atterburyteater in Pretoria aangebied word. Drie produksies – waarvan nog nie een vantevore by dié teater te siene was nie – word aangebied. Dit belowe om ’n uiteenlopende mallemeule van passievolle kwaliteit-musiek te wees waartydens uitstaande musici die verhoog met Jannie deel.