Dit is die begin van ’n winter’s week by HC Designs. Die 33-jarige kleremaker, Jennifer Carolus, droom van ’n toekoms in ontwerp wat groter is as die vlak waarop sy by die boetiek vasgevang is. Sy is selfversekerd en knap, so sy sien nie altyd oog-tot-oog met die 25-jarige Camilla wat skynbaar minder van haar dink nie. Wanneer die dames, ook die 52-jarige Antie Stella, die werklikheid dat die boetiek moontlik gaan sluit, in die gesig staar, kry Jennifer die kans om haar drome te verwesenlik. Vrees vir mislukking en om die nuwe uitdaging alleen aan te pak, hou haar egter terug. Kan Jennifer die kans op haarself waag en ander toelaat om haar te help?